Hoërskool Strand drama het baie mense beïndruk met “Skebenga”
ADVERTISEMENT
“Skebenga” was ons drieman armteater en werkswinkel toneelstuk waarin Darren Johannes, Kayden Links en Michael Ruzvidzo gespeel het. Dit het gekyk na die lewens van jong mense in die bende-areas en hoe hulle daar betrokke raak, maar dit was ook ‘n opvoedkundige stuk omdat dit bewys dat bendelede ook net mense is. “Skebenga” is op 23 Julie by Parel Vallei Toneelfees by die Playhouse Theater vir die eerste keer opgevoer. Daar het hulle dubbel goud ontvang vir hulle toneelstuk en Darren Johannes het die algemene Beste Akteur Trofee ontvang. Die toneelstuk het ook die Beoordelaarstrofee gewen vir die mees doeltreffende toneelstuk.

Boys

Darren

Kayden

Michael
“Skebenga” se tweede toneelfees was by die Klein Libertas Toneelfees in Stellenbosch op 5 Augustus. Die beoordeelaars het goud aan al drie akteurs toegeken. “Skebenga” is ook die Vrydag, ‘n vakansiedag, uitgenooi om die prysuitdeling by te woon. Daar was al drie leerders genomineer vir ‘n trofee: Darren Johannes – Beste Akteur, Kayden Links – Beste Ondersteunende Akteur en Michael Ruzvidzo – Beste Ondersteunende Akteur. Baie geluk aan Michael wat die trofee gewen het! Die span se laaste fees was die ATKV Tienertoneelfees by die Baxter Teater in Wynberg. Op 15 Augustus het al drie seuns goud vir hulle toneelspel en ensemble werk ontvang. Hulle was ook al drie genomineer as die beste akteur in ‘n hoofrol. Maar hulle storie is nie klaar nie. Die toneelstuk het so baie mense beïndruk dat daar nou ‘n toer te sprake is! Die seuns wil dankie vir me. Theart (regisseur), Meagan Beukes verhoogbestuurder) en mev. Van Wyk (bietjie van alles) sê.











