Hoërskool DF Malan bied hul Revue 2024 aan
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool DF Malan het op 15, 16 en 17 Mei 2024 hul Revue – Wasseshow – aangebied. Die ouditorium was volgepak vir al drie vertonings en teen die Vrydagaand se vertoning moes daar ekstra stoele ingedra word om nóg gehoorlede toe te laat.Bykans 800 van die skool se leerders was deel van hierdie produksie wat op professionele vlak aangebied is. Dit is deur ‘n Dee-Effer geskryf, deur Dee-Effers vervaardig en natuurlik het Dee-Effers daarin opgetree. ‘n Trotse heelskool DF-produksie! Daarom die titel wat totaal uniek is aan DF – Wasseshow.
Hierdie titel bring mee dat die produksie nou ook, soos vele ander “wasses” (wasseklas, wasseboom, wassebad, ens.), deel sal uitmaak van die skool se ryk geskiedenis aan “wasses” – ‘n benaming wat aan dinge of plekke op die skoolterrein gegee word wat eens op ‘n tyd daar was en vir die skool kosbaar/nuttig was. Hou vir DF dop, want jy wil nie die volgende DF-Revue misloop nie! Ons wil baie graag spesiaal dankie sê aan Carel Stander wat altyd reg staan met sy kamera om vir ons die mooiste mooiste foto’s te neem! Ons waardeer jou!













