Driekuns vir Hoërskool Martin Oosthuizen leerder
ADVERTISEMENT
Driekuns vir Hoërskool Martin Oosthuizen leerder. Danelle Jacobs,’n graad 11-leerder van die Hoërskool Martin Oosthuizen, het ‘n uitsonderlike week beleef. Sy het die week afgeskop deur in ‘n kompetisie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns algeheel negende te eindig met haar gedig “Krulkopkind”. Haar gedig gaan boonop in Poort 2022 gepubliseer word.
Asof dit nie genoeg is nie, dring sy ook deur na die top sestien van die ATKV se nasionale digitoneelkompetisie. Sy verower met haar selfgeskrewe monoloog goue medaljes vir beide skryfvermoë en optrede. Sy eindig haar week af deur aangewys te word as die provinsiale adjunk- polisiekommisaris. Sy gaan later vanjaar die provinsie op nasionale vlak verteenwoordig. HMO is baie trots op haar en hou haar toekoms stip dop.
Tydens hierdie ATKV-digitoneelkompetisie het nog drie HMO’ers uitstekend gevaar. Zander Oberholzer het ‘n silwer medalje verdien en beide Lee-ann van Rooyen en Anya Strauss brons. HMO is voorwaar die skool waar jy hoort as die verhoog jou trek.











