Hoërskool Randburg spog met nuwe studenteforum 2026
ADVERTISEMENT
Hoërskool Randburg is trots om ons nuwe Studenteforum vir 2026 bekend te maak!Hierdie groep leerders staan gereed om met entoesiasme, integriteit en ’n hart vir diens die stem van hul mede-Randjies te wees.
Leierskap gaan nie oor titels nie, maar oor die bereidwilligheid om ’n verskil te maak om ander te inspireer, te dien en as voorbeeld voor te loop.
Ons glo dat hierdie span juis dit gaan doen en ’n groot impak op ons skoolgemeenskap sal hê. Mag 2026 ’n jaar wees waar hulle lig bring, eenheid bou en nuwe hoogtes bereik!



















