Hoërskool Punt 1ste Krieketspan haal Superliga A
ADVERTISEMENT
Hoërskool Punt se o.19A krieket span het die naweek geskiedenis gemaak deur die B liga van die SWD Superliga vir skole oortuigend te klop. Die afgelope naweek het ons York High School van George gespeel. York het eerste gekolf en ‘n teiken van 169/10 ná 46 boulbeurte gestel. Dale Jansen (kaptein) het drie van die paaltjies geneem. Point het ‘n goeie begin gehad met die kolf en ‘n wonderlike openingsvennootskap van 56 tussen Whitey Bester en Zane Greyling het die toon gestel. Whitey het voortgegaan om 48 lopies op die dag aan te teken. Punt het die wenlopies met 5 paaltjies in die hand en 18 boulbeurte oor aangeteken.
Dit beteken Punt HS se Eerste span sal volgende jaar in die A seksie van die SUPERLIGA speel. Baie dankie aan elke ouer, borg, speler en ondersteuner vir die wonderlike seisoen. Ons sien uit na 2023 se nuwe uitdaging. Indien u wil betrokke raak maak gerus kontak met Mnr Rudolf Botha ons kriekethoof by hodmaths@pointhighschool.co.za

krieket









