Hoërskool Overkruin prysuitdeling wenners
ADVERTISEMENT
Op 22 Oktober is Hoërskool Overkruin se sportsterre, talentvolle kultuurleerders en akademiese presteerders tydens die jaarlikse prysuitdeling vereer. Dit was ’n feestelike aand gevul met trots en vreugde waar ons leerders se uitsonderlike prestasies erken is. Hul harde werk en toewyding deur die jaar het werklik vrugte afgewerp! Die aand, aangebied deur Mnr. Ferreira, het ’n pragtig versierde verhoog ingesluit waar die trofeë helder in die verhoogligte geskitter het. Ons is ongelooflik trots op ons leerders en wens hulle alle sukses toe met hul toekomstige pogings!

























