Hoërskool Louis Trichardt atlete oppad na SASA Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan die volgende atlete van Hoërskool Louis Trichardt wat opgeneem is in die Limpopo Skole-span en van 8–11 April aan die SASA (Suid-Afrikaanse Skole Atletiek) Kampioenskappe by die Royal Bafokeng Stadion in Phokeng, naby Rustenburg, gaan deelneem:
- Maureen Joubert – o/15 300mH
- Elani Kruger – o/15 Hoogspring
- Chrizette Odendaal – o/17 Driesprong
- Elni le Roux – o/17 Spiesgooi
- Eben Moller – o/15 100m & Hoogspring
- Temi Jegede – o/17 Driesprong & Verspring
- Mufunwa Maliavusa – o/19 Driesprong
- Ahmed Samie – o/19 100m & 200m
Hierdie uitsonderlike prestasie getuig van harde werk, deursettingsvermoë en toewyding. Ons is ongelooflik trots op elke atleet, asook op al ons Triegies wat hierdie seisoen uitstekend presteer het en ons skool se naam hoog gehou het.
















