Destinatus Privaatskool bedank borge
ADVERTISEMENT
Destinatus Privaatskool wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om ons opregte dank uit te spreek teenoor hul fantastiese borge vir hul groot skenkings aan die o.13-rugbyspan se klere. Julle ondersteuning beteken vir ons ongelooflik baie. Baie dankie dat julle deel is van ons span se reis!
Spesiale dank aan:
- Mnr. & Mev. Davids – WHD Engineering, ons hoofborg
- Likhona Lethu Services
- Mev. Canterbury
- Mnr. & Mev. Rothman
Ons dra ons nuwe uitrusting met trots, dankbaarheid en spangees!











