Hoër Landbouskool Boland VS Hoër Landbouskool Oakdale:Hoër Landbouskool Oakdale o.19A rugbyspan
ADVERTISEMENT
Kom ondersteun die rugbyspanne Saterdag 10 Augustus:
AWSUM het met hul afrigter,JB Naude, gesels.
Wat kan die skool en ouers hierdie Interskole van julle span verwag? Interskole is vir elke speler wat die wittrui oor sy kop trek `n droom en baie spesiaal so almal kan verwag dat ons aanskoulike rugby met baie passie, trots en “guts” sal speel.
Hoe berei julle span in die week tot aanloop van interskole voor? (Physically and mentally)? Interskole is groot en motiveer die seun vanself, dit gaan ook gepaard met baie emosies veral vir ons matrieks, so ons hou dit so normaal as
moontlik om te verseker dat ons fokus op ons doel is.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Ons beskik oor ‘n baie talentvolle groep met baie vaardighede. Sterk beweeglike voorspelers wat fondasie lê vir opwindende agterspelers om af te rond.
Wie het die grootste invloed op jou as afrigter in jou lewe al gehad? Is daar iemand na wie ek opkyk? My Pa – Na elke Oakdale, provinsiale of springbok wedstryd sal ons mekaar bel en die wedstryde bespreek en ontleed, sy opinie en terugvoer is vir my baie waardevol. Malan du Plessis en Adriaan Jansen my medeafrigters se passie en kennis speel ‘n groot rol in die span se sukses.
Watter boodskap dra jy aan jou span oor net voor hulle op die veld hardloop? Om die Wittrui oor jou kop te trek is vir elke speler genoeg motivering so my woorde sal wees gaan uit, geniet dit en speel vir jou Oakdale broers en los altyd jou trui op ‘n beter plek vir die volgende broer wat hom moet dra.
Hier is die o.19A span vir Hoër Landbouskool Oakdale.
Erick Steyn (k)
Kai Pratt
Gustav van der Merwe
Zack van Heerden
Zack Wessels
Roy Viljoen
Jannes Snyman
Migail Barnard
CT Vosloo
Christian Vorster
Lee-Winn Pretorius
Duraan Janse van Rensburg
Waylon Kortjie
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.










