[Onderhoud] Erick Steyn: o.19A rugbykaptein van Hoër Landbouskool Oakdale
ADVERTISEMENT
AWSUM het met Erick Steyn, Hoër Landbouskool Oakdale se o.19A rugbykaptein gesels oor Interskole teen Hoër Landbouskool Boland.
Erick Steyn
Hoe is die samestelling van die span vir Interskole? Is daar enige beserings? Ek dink ons is n goeie span,daar is n goeie balans in die span en ons kom almal baie goed oor die weg met mekaar wat dit net makliker maak om saam te speel en mekaar te vertrou op en van die veld af. Ja daar was n paar besering reg deur die seisoen maar ek dink die manne wat opgetrek is het hulle goed van hulle taak gekwyt.
Is julle gelukkig met julle resultate as span die jaar? Daar is n paar wedstryde wat ons moes gewen het maar wat ons nie kon deurgetrek het nie,maar ek dink ons doen baie goed vir n skool met net 460 seuns.
Wat verwag jy van Boland Landbou Saterdag? Ek dink defnintief hulle gaan kom vir ons en dit gaan virseker hard wees op die plaas,maar die manne in die wit gaan beslis nie terug staan nie.
Wat beteken dit vir jou om kaptein van (skoolnaam) te wees? Dis vir my n groot voorreg om die spesiale span
te kan lei veral n span met goeie geskiedenis van kapteine.Ek dink engie van die 15 ouens kon kaptein gewees het ek dink almal is baie goeie leiers maar ek is manet die een met die titel. Dit bly ‘n vooreg vir my.
Baie mense sal wil weet hoe julle dag van die groot wedstryd verloop tot julle uitdraf. Het julle enige rituele of tradisies? Ons doen rerig niks spesiaals nie maar ons braai die aand voor die tyd en van daar af gaan slaap dan
die volgende oggend eet ons as span saam ontbyt dan is ons manet rustig tot ons veld toe gaan
Hoe hanteer julle as span die verwagtinge van julle ondersteuners en toeskouers? Die manne in die wit weet dat die hele skool,ouers en al die old boys bankvas agter ons is en ons probeer maar net om rustig te wees en ons beste te gee om die “job” te gaan doen.
Na watter bekende speler (enige sport) kyk jy na op en hoekom? Ardie Savea. Ek hou van die manier hoe hy sy span
lei deur `n voobeeld op die veld te stel en hy werk altyd hard en gee alles as hy iets aanpak.
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.









