[Onderhoud] Karst Smits: o.19A rugbykaptein van Hoër Landbouskool Boland
ADVERTISEMENT
AWSUM het met Karst Smits, Hoër Landbouskool Boland se o.19A rugbykaptein gesels oor Interskole teen Hoër Landbouskool Oakdale.

Karst Smits
Hoe is die samestelling van julle span vir Interskole? Is daar enige beserings? Die span het vanjaar ‘n paar moeilike dae beleef, maar so ook ‘n klomp hoogtepunte. Op die einde van die dag is dit juis dit wat ons nader aan mekaar
bring en ons as een man saam op die veld laat speel. Ons het ‘n uitdagende jaar gehad in terme van beserings, maar met diepte wat. Ons span het kon ons nog elke naweek ‘n goeie kompeterende span op die veld stuur. My hart bloei egter vir Juan Swart wat uit is as gevolg van ‘n besering wat nie Interskole sal kan speel nie. Hy’s ‘n man wat elke naweek alles op die veld gee. So ook Ruan Viviers wat SA Skole behaal het, wie ook die span reg deur die jaar gelei het. Ek voel vir julle manne en is dankbaar vir jul ondersteuning.
Is julle gelukkig met julle resultate die jaar? Ons het nie ‘n slegte jaar agter die rug nie, maar alle fokus is natuurlik op die laaste een.
Wat verwag jy Saterdag van Oakdale? Ek weet Oakdale is nooit ‘n maklike wedstryd nie en tydens Interskole gee albei spanne alles op die veld om as die wenspan uit die stryd te tree. Oakdale sal verseker hul bes doen om soos in 2022 op ons plaas te wen, maar ons sal daarteen alles in die stryd werp om weer op tuisgrond te wen.
Wat beteken dit vir jou om kaptein van Boland Landbou te wees? Om kaptein vir Interskole te wees is ‘n enorme
voorreg. ‘n Droom wat ek glo elke graad 8 seun al gehad het, ek weet dit was myne gewees en is dankbaar vir hierdie geleentheid.
Baie mense sal wil weet hoe julle dag van die groot wedstryd verloop tot julle uitdraf. Het julle enige
rituele of tradisies?
Daar is `n geesweek tot aanloop van die Saterdag met aktiwiteite wat elke dag plaasvind om opwinding te bou en om almal gerat te kry vir die wedstryde. Donderdagaand het ons “sing songs”
en Vrydagoggend “Big Brag”.
Hoe hanteer julle as span die verwagtinge van julle ondersteuners en toeskouers? Daar is net een manier vir ons en dit is om elke Saterdag jou alles op die veld te gee. Ons berus ons by die wete dat ons saam hard deur die jaar gewerk
het.
Na watter bekende speler (enige sport) kyk jy na op en hoekom? Dis ‘n vreemde een in ons konteks, want my rolmodel vanaf ek kan onthou is CJ Stander. Ek dink hoekom ek so baie opkyk na hom is omdat hy nooit opgegee het nie
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.









