Laerskool Louis Leipoldt leerder kwalifiseer vir SA’s
ADVERTISEMENT
Laerskool Louis Leipoldt leerder kwalifiseer vir SA’s en ingesluit in die Gauteng-Noord Atletiekspan. Renske Roux, ‘n Graad 7 leerder van Laerskool Louis Leipoldt het deelgeneem op 15 November 2025 aan die AGN Atletiekbyeenkoms te Pilditch. Sy is ingesluit in die Gauteng Noord Atletiekspan en kwalifiseer om aan die Suid-Afrikaanse atletiekbyeenkoms (ASA) deel te neem in spiesgooi wat sal plaasvind op 5 & 6 Desember 2025 te Potchefstroom. Sterkte en baie geluk met die uitsonderlike prestasie Renske!














