Ligbron Akademie vir Tegnologie atleet werk hard aan sy drome
ADVERTISEMENT
Ligbron Akademie vir Tegnologie atleet werk hard aan sy drome. Ruan van Zyl was gekies om Mpumalanga van 27 -29 Maart by die ASA kampioenskappe te verteenwoordig. Die kampioenskappe was by die Groenpunt Stadion in Kaapstad aangebied.
Ruan het tydens die Mpumalanga Skole Kampioenskappe silwer medaljes vir gewigstoot en diskus seuns o.15 verwerf. Hy vertel dat hy reeds van 10-jarige ouderdom, toe hy in alby items Laerskool Kalie de Haas se huissport rekords verbeter het, aan hierdie items deelgeneem. Sedertdien het hy verskeie rekords verbeter, wat hom gemotiveer het om nog harder te oefen. Ruan, wat afgerig word deur Pieter van der Merwe en Chrizaan Thomas, se droom is om onder die top tien atlete van die ASA kampioenskappe te eindig. Tussen die atletiek deur oefen hy klip hard rugby om sy droom om te kan kwalifiseer vir die o.15 Puma span te verwesenlik.
![]()









