Goud en ‘n nuwe rekord vir Bethlehem Voortrekker atlete
ADVERTISEMENT
ASA atletiek: Goud en ‘n nuwe rekord vir Bethlehem Voortrekker Hoërskool se Carise! Carise van Rooyen het deelgeneem aan die ASA Atletiek Kampioenskappe.
- Sy het Goud gewen met dogters o.16 Hindernis.
- Sy het die SA rekord gebreek!
BVHS is baie trots op haar.
Dubbele goud om Kristiaan se nek gehang!
Kristiaan Klopper is die nuwe o.20 Suid Afrikaanse kampioen en rekordhouer in diskus en gewigstoot by die SASAPD kampioenskappe in sy spesiale klassifikasie. Hy verbeter die diskusrekord vanaf 23.98 m na 28.21 m en die gewigstootrekord vanaf 7.84 m na 9.19 m. Baie geluk Kristiaan, jy is ń inspirasie vir ons almal.










