Laerskool Durbanville Atletiekprestasie
ADVERTISEMENT
Rekordgetal WP-atlete
Baie geluk aan die Durbie-atlete wat Woensdag (28 Februarie) se hitte in die Paarl trotseer het tydens hul deelname aan die WP-atletiekkampioenskappe! Martus Schoeman spog met ‘n nuwe rekord in die 70m-hekkies vir o.11-seuns en Mila Vermeulen kan die nuwe diskusrekord vir o.12-meisies agter haar naam skryf. Ons is baie trots op al ons Durbie-atlete! Na afloop van hierdie byeenkoms het die Durbies altesaam 22 WP-atlete opgelewer wat op 9 Maart aan 29 items by die Wes-Kaap-kampioenskapsbyeenkoms gaan deelneem.

Agter van links na regs: Anja du Plessis, Adriaan van Niekerk, Helene van der Merwe, Chané Fourie, Simoné Boonzaaier, Mila Vermeulen, Anika Brand. Middel van links na regs: Tiaan Janse van Rensburg, Lisa Krige, Nika Barnard, Dohan van der Sandt, Dian Botha, Jonelle Dirkse van Schalkwyk, JJ Bester, Luan Webb. Voor van links na regs: Guy Joyce, Adriaan Kühn, Diné van de Wal, Kari van den Heever, Tristan Manuel, Martus Schoeman, Renier van Deventer









