Hoërskool Kathu o.19A Dogterskrieketspan maak geskiedenis
ADVERTISEMENT
Hoërskool Kathu Meisies Onder 19A maak geskiedenis! Hoërskool Kathu meisies onder 19A wen vir die eerste keer teen KEW Hub! Ons is ongelooflik trots op ons dogters se deursettingsvermoë, spanwerk en geesdrif. ’n Groot dankie aan Mnr Gerhard Marais vir sy voortdurende ondersteuning en hulp – ons waardeer dit enorm!
Ons onder 19A-span bly onoorwonne, met hul laaste wedstryd wat Maandag gespeel word. Hou so aan, dogters – julle maak HSK trots!










