Hoërskool Linden krieketdogters word ingesluit Gautengspanne
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan die volgende drie Hoërskool Linden krieketdogters wat na afloop van die Johannesburg-Noord krieketproewe by die Johannesburg-Noordspanne ingesluit is wat aan die streekweek gaan deelneem. Tydens hierdie week sal dit bepaal word of hul by die Gauteng-spanne ingesluit word. Danelle du Preez, Jeanri van Schalkwyk en Livia de Jager Ons is reeds baie trots op julle, sterkte met die verdere proewe!











