Hoërskool Kathu krieketspeler bereik nuwe hoogtes
ADVERTISEMENT
Opwindende krieketnuus! Ons eie Caleb Willemse het nuwe hoogtes bereik deur by die gesogte o.19 Mzansi Valke-span aan te sluit vir die komende LPL (Lanasia Premierliga) seisoen in Gauteng! Caleb se talent en toewyding het hom ‘n plek in een van Suid-Afrika se groot krieketligas besorg! Hy het onlangs
sy Spelersooreenkoms onderteken,gereed vir ‘n opwindende 2024 LPLseisoen, wat op Saterdag, 13 April 2024 afskop. Caleb, jou reis na hierdie punt is
‘n bewys van jou harde werk en vaardigheid. Hoërskool Kathu staan agter jou terwyl jy hierdie opwindende hoofstuk aanpak.










