Hoërskool Kalahari leerder skitter in gevegskuns
ADVERTISEMENT
Hoërskool Kalahari leerder Harmony Evans het ongelooflike talent en toewyding by die RCFA-toernooi op Saterdag 6 September 2025 ten toon gestel, waar sy in 4 afdelings meegeding het en in almal goue medaljes verwerf het! Haar harde werk het vrugte afgewerp, want sy het dit ook tot die provinsiale span gemaak, en sy sal ons in Oktober by die Nasionale Kampioenskappe verteenwoordig!










