Hoërskool Kalahari leerder presteer in gevegskuns
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan een van Hoërskool Kalahari se leerders, SJ Everts, wat werklik geskitter het by die RCFA-toernooi op Saterdag 6 September 2025! SJ het aan 5 items deelgeneem en in elkeen ‘n goue medalje huis toe gebring — ‘n uitstekende prestasie wat sy toewyding, vaardigheid en deursettingsvermoë ten toon stel. Maar dis nie al nie! SJ se talent en sportmanskap het hom ‘n plek op die RCFA provinsiale span besorg, wat in Oktober aan die nasionale kampioenskappe sal deelneem!
Om dit alles af te rond, is hy bekroon met die trofee vir die Beste Junior Deelnemer — ‘n welverdiende erkenning van sy harde werk.Ons is so trots op SJ se prestasies en kan nie wag om te sien hoe hy ons skool en gemeenskap by die komende nasionale kampioenskappe verteenwoordig nie!










