Hoërskool Garsfontein dogtershokkie maak skoonskip teen Oos-Moot
ADVERTISEMENT
𝐃𝐎𝐆𝐓𝐄𝐑𝐒𝐇𝐎𝐊𝐊𝐈𝐄 𝐌𝐀𝐀𝐊 𝐒𝐊𝐎𝐎𝐍𝐒𝐊𝐈𝐏 𝐓𝐄𝐄𝐍 𝐎𝐎𝐒-𝐌𝐎𝐎𝐓 Die Hoërskool Garsfontein se dogtershokkie het ‘n goeie week op die astrobaan beleef. Die eerstespan het sy ligawedstryd verlede week teen Oos-Moot op ‘n drafstap met 7-0 gewen. Ons hokkiespanne het in die ligabepaling ‘n totaal van 53 doele aangeteken en slegs een doel in die proses afgestaan.
In die eerstespan-wedstryd het Caylie Townsend en Fiona Kuhn elk twee keer die agterkant van die doelhok gevind. Anjé Vermeulen en Marjoné Pullen het ook doele aangeteken, terwyl die laaste doel nie aan ‘n spesifieke speller toegeken is nie.
Al die uitslae:
o.19A wen 7-0
o.19B wen 7-0
o.16A wen 8-0
o.16B wen 4-0
o.15A wen 7-0
o.15B wen 6-0
o.14A wen 4-1
o.14B wen 10-0
Foto krediet aan: Andries Kruger












