Laerskool Worcester-Oos landsdiens besoek die Kaapse Wynland Departement van Landbou
ADVERTISEMENT
“A tree with strong roots can withstand the most violent storm, but the tree can’t grow roots just as the storm appears on the horizon.” – Dalai Lama. Landsdiens van Laerskool Worcester-Oos was bevoorreg om na die Kaapse Wynland Departement van Landbou se kwekery te gaan by die Veldreservaat. Die leerders het ‘n insiggewende praatjie ontvang oor die goeie werke wat die Kaapse Wynland Departement van Landbou doen. Hul het ‘n hele span mense wat saam werk om ons omgewing beter te maak. Ons is geïnspireer om mense bewus te maak van indringerplante, dit te verwyder en om inheemse plante te plant. Ons het tien bome ontvang wat ons nou by ons skool kan plant. Ons is opgewonde om te sien hoe dit groei.










