Laerskool Park leerders geniet die provinsiale kamp
ADVERTISEMENT
Tydens die provinsiale kamp te Schoemanspoort het Laerskool Park se leerders deelgeneem aan verskeie opwindende en leersame aktiwiteite. Hulle het geleer hoe om ‘n skuiling te bou. In die aand het hulle die sterre besigtig en meer geleer oor die sterrehemel. Hulle het kreatief geraak en kunswerke uit draad gemaak. ’n Hoogtepunt van die kamp was die besoek aan die indrukwekkende Cango Grotte. Verder het hulle gehelp om ‘n pad in die berg te bou met ou bande, wat nou deur toeriste gebruik kan word. Dankie aan meneer Tiaan wat hierdie leerders vergesel het.


























