Hoërskool Aliwal-Noord Landsdieners maak ‘n verskil
ADVERTISEMENT
Twee van die Landsdiens organisasie se liefdes is Liefde vir jou medemens en liefde vir die natuur. Hierdie twee pilare van die Landsdiensfondasie het die klub van Hoërskool Aliwal-Noord laat besluit om ‘n fondsinsameling ten bate van Boere droogtehulp te hou. Die fondsinsameling behels ‘n steak aand, waar Zak Steyn gaan optree, sowel as ‘n gholdag.
Bring Hoop (Boere droogtehulp SA NPC), verskaf aktief kos aan die boere en hul diere. Hulle lewer kos uit alle dele van die land aan hierdie honger gesinne en diere. Bring hoop het die publiek nodig om hulle te help om ‘n verskil te maak.
Daarom is die Landsdieners opgewonde om die geleentheid aan te bied en as skool en gemeenskap ‘n positiewe bydrae te maak en te wys hulle gee om.
Op 9 Februarie het die junior Landsdienslede hard gewerk aan versierings vir die tafels van die steakaand. Hulle het ook tandestokkies gebruik om merkers te maak om aan te dui watter steaks “Well done”, “Medium” of “Rare” is.
Die Landsdienslede het ook “coasters” gemaak met die Landsdiens-embleem. Die Landdienslede en onderwysers is besig met baie harde werk agter die skerms om ‘n suksesvolle fondsinsameling te verseker.














