AWSUM School News

Top Menu

  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

Main Menu

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About Us
  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

logo

ADVERTISEMENT

Regional News

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About Us
  • Staats Primary School learners selected for the Griquas teams

  • Hoërskool Kalahari hokkiedogters presteer

  • Hoërskool Diamantveld leerders presteer tydens die Radikale Redenaarskompetisie

  • Hoërskool Duineveld Aqualibrium span presteer

  • Hoërskool Kathu hokkiedogters behaal die Noord-Kaap Streekshokkiespan


Eastern CapeHoërskool FramesbyPort Elizabeth and SurroundsRegional News
Home›Regional News›Eastern Cape›Hoërskool Framesby oudleerder deel sy lewensreis

Hoërskool Framesby oudleerder deel sy lewensreis

By Karien Frans
2nd March 2023
791
0

ADVERTISEMENT


Share:

En so stap ek deur die groot hekke van Hoërskool Framesby in Januarie 1978. ń Nuwe hoofstuk van my jong lewe min wetende van die impak wat dit sal hê in die daaropvolgende vyf jaar. Die eerste dag was nogal traumaties . My suster was in Gr 12 en die meeste van haar maats het my geken, ek was al met eerste pouse hard besig om deur al die Gr 8-doop rituele te gaan soos in daardie dae. Mnr Peet Vermaak het my dadelik welkom laat voel by die atletiekoefeninge en my deelgemaak van sy Paalspring-oefengroep. Ek het die skool elke jaar by die interskole verteenwoordig en ook by geleentheid by die OP-Hoërskole en die Oudtshoorn byeenkomste.

Ek was bekend vir kattekwaad in die klas en het my onderwysers se geduld behoorlik getoets. Ek onthou soos gister die koue Maandag-oggend Kadet-periode en die daaropvolgende Wiskundeklas by Mnr Barnard . Daarna Geskiedenis by Mnr Koornhoff en dan Biologie by Mnr Terblanche. Wat ń riller vir ń jong seun, min wetende die positiewe invloed wat dit op ń latere ouderdom in my lewe sou hê. Op sosiale gebied sou ek seker in aanmerking kon kom vir ń boekprys as dit n vak was . Ek was een honderd persent toegewyd en het baie partytjies bygewoon. Ek het my laaste besoek saam met ń paar vriende kort voor die eindeksamen in 1982 by mnr Kritzinger afgelê vir stokkiesdraai en het ń goeie lewensles en loesing binne ń paar minute gekry.

Na skool het ek gaan studeer en in my eerste jaar gesien ek is nou regtig buite my gemaksone en besluit om my millitêre diensplig agter die rug te kry. Ek het dit baie geniet en aangesluit by die Suid-Afrikaanse Lugmag .Ek het my as loopbaan operasionele beplanner in die Lugmag Bevelsel baie geniet. Ek het ook gedurende hierdie tyd n groot verandering in my lewe ervaar toe ek besluit het om Jesus te volg.

Ek is getroud met Nicky in 1988 en het in daardie jaar na Jeffreysbaai verhuis om betrokke te raak by ń besigheid wat die vinnig groeiende area bedien het met die verskaffing van vloerbedekking. Ons het die eerste paar jaar harde bene gekou, maar was uiteindelik baie suksesvol .Tot my verbasing was Mnr Kritzinger op ń latere staduim met sy aftrede een van ons kliënte . In hierdie tyd is ons twee kinders Jacques en Linda gebore. As besigheidseienaars het ek en Nicky gevoel ons wil ons lewe toewy aan voltydse pastorale werk. Ons het onsself ń paar jaar gegun om
ons Teologies te bekwaam met na ure studie en verskeie kursusse . Ons het in 2000 voltyds by Victory Church in Jeffreysbaai begin as deel van die pastorale span. Ek was bevoorreg om deel te wees van ń dinamiese span en was betrokke by ons plaaslike kerk en verkeie nasionale en internasionale kerke . Ek was ook bevoorreg om baie na die buiteland te reis en leiers en kerke van hulp te wees.

My seun is getroud met Carli en het twee kinders Greyson en Livia. Hulle woon in Kanada vanwaar hulle hul besighede bedryf. My dogter Linda was werksaam as onderwyseres in die Midde Ooste vir agt jaar en is besig om aan te sluit by die familie-besigheid in Kanada. Ek en Nicky het na Somerset-Oos in 2018 verhuis na dertig jaar in Jeffreys Baai en geniet die Karoo en sy vriendelike mense baie. Ons lei tans ń Victory gemeente en vertrou om ń groot verskil te maak in ons plaaslike dorp en omliggende area. Ons vier hierdie jaar ons vyf en dertigste
huweliksherdenking. Aan jongmense en skoliere van Framesby ń paar lewenslesse wat ek deur die jare geleer het:
Maak ń verhouding met die Here ń prioriteit in jou lewe. Jou vrou en gesin is baie belangriker as jou aansien en beroep. Respekteer jou ouers en ouer mense. Wees altyd deel van ń span. Maak seker jy omring jou met positiewe mense met goeie waardes. Vra altyd raad. Harde werk het altyd ń beloning. Wees vrygewig met jou tyd,bates en talente. Ek sal mnr Kritzinger en sy personeel vir ewig dankbaar wees vir geleenthede en lewenslesse wat ek as leerder onder sy bekwame toesig ontvang het. Aan my mede oudskoliere en vriende. Maak die meeste van jou lewe en geniet elke oomblik daarvan. Gryp elke geleentheid aan en maak ń verskil daar waar jy jouself bevind. Jaques van Heerden

Previous Article

Camps Bay High School excels in 2022 ...

Next Article

Hoërskool Martin Oosthuizen NK atlete

Share:

Related articles More from author

  • Free StateNorthern and Eastern Free StateRegional NewsWelkom Gimnasium

    3 Hokkiespelers van Welkom Gimnasium is in die Nederlandspan

    19th June 2025
    By Andreneza Damonse
  • CenturionGauteng PretoriaLaerskool RooihuiskraalRegional News

    Laerskool Rooihuiskraal geniet die Netbaltoer

    12th April 2024
    By Andreneza Damonse
  • DF AkademieNorthern SuburbsRegional NewsWestern Cape

    Hoërskool DF Malan swemmer het behoorlik met die louere weggestap

    17th April 2023
    By Karien Frans
  • HelderbergPaul Roos GimnasiumRegional NewsWestern Cape

    Paul Roos Gimnasium o.15 tennisspan wen hul derde David Samaai Tennistoernooi

    6th February 2024
    By Karien Frans
  • HighveldLigbron Academy of TechnologyMpumalangaRegional News

    Ligbron Akademie vir Tegnologie Onnies rig Pumas af

    17th April 2025
    By Karien Frans
  • Hoërskool Noord-Kaap / Northern Cape High SchoolNorthern CapeRegional News

    Northern Cape High School learner excel in Archery

    30th October 2025
    By Linda

  • LimpopoMerensky Landbou AkademieRegional News

    Merensky Landbou Akademie matrieks ontvang spesiale uitnodigings

  • Hoërskool SwartlandRegional NewsSwartland and West CoastWestern Cape

    Hoërskool Swartland leerder vaar uitstekend by SA Toutrek 

  • Crawford International La LuciaDurban and Durban NorthKwazulu-NatalRegional News

    Crawford International La Lucia Preparatory learners embarked on a toy making activity project

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

Some people call it school news. We call it awsum.

Africa’s premier school network offers a multi-tiered communication platform to schools that include: The AWSUM Newspaper, AWSUM App for Schools, the 24/7 school news website and AWSUM Clashes.

 

 

Our ‘awsumness’ includes: New technology and media, an income opportunity that will be your biggest source of income outside of school fees and a new perspective on school news on one of Africa’s fastest growing school news platforms

© 2025 Awsum News.



CreativeMagic

Join Us on Facebook

  • Pretoria
  • Centurion & Midrand
  • Johannesburg
  • Vaaldriehoek
  • Durban
  • Midlands
  • Northern Natal
  • Free State
  • Cape Town
  • Boland
  • Breede Valley
  • Helderberg
  • Overberg
  • Swartland & Weskus
  • Northern Suburbs
  • Southern Cape
  • Noord-Kaap
  • North West
  • Limpopo
  • Mpumalanga
  • East London
  • Port Elizabeth
  • Eastern Cape – Towns
  • Home
  • Advertise with us