Hoërskool Swartland karate leerder lewer uitstekende uitslae
ADVERTISEMENT
Winsor maak ons baie trots met sy uitstekende karate uitslae! Hy het die CWK (Cape Winelands Karate) verteenwoordig by die KAWC (Karate Assiation of the Western Cape). Daaruit verwerf hy ‘n silwermedalje in die seuns 14/15 ouderdomsgroep (seuns onder 70kg kategorie). Hy gaan nou die Wes-Kaap verteenwoordig by die KSA Nasionale kampioenskappe in Durban van 4 tot 7 April 2024. Jy maak ons baie trots, Winsor!










