Hoërskool Framesby Krieketspelers Presteer
ADVERTISEMENT
Hoërskool Framesby Krieketspelers Presteer. Baie geluk aan Logan Fleetwood wat vir die Oostelike Provinsie se o.16-krieketspan gekies is. Hulle gaan vanaf 9 tot 15 Desember in Oudtshoorn deelneem. Danika Marais is vir die Oostelike Provinsie se o.15-span as bouler en kolwer vir die 2de jaar gekies. Danel van Der Nest word ook in die Oos-Kaap se o.15 krieketspan opgeneem (wat vanaf 9 tot 13 Desember 2023 aan die toernooi in Johannesburg gaan deelneem).













