Hoërskool Framesby dogterskrieket wys hul staal op die krieketveld
ADVERTISEMENT
Hoërskool Framesby dogterskrieket wys hul staal op die krieketveld
Woodridge Kriekettoernooi 21 Februarie – 23 Februarie 2025
Vrydag 21 Februarie 2025
Framesby 1ste Dogters vs Noordheuwel van Krugersdorp
40-boulbeurte wedstryd.
Noordheuwel wen die loot en kies om te kolf.
Noordheuwel teken 44/4 aan in 6.5 boulbeurte.
Wedstryd word afgestel a.g.v. die reën.
Saterdag 22 Februarie 2025
Framesby 1ste Dogters vs Jeppe girls High van Johannesburg
20-boulbeurte wedstryd.
Jeppe wen die loot en kies om te boul.
Framesby teken 102/8 aan in 20 boulbeurte.
Beste kolwers:
• Janelle van Hall teken 34 lopies van 42 balle aan.
• Reze van Rooyen teken 17 lopies van 21 balle aan, nie uit.
• Danika Marais teken 11 lopies van 13 balle aan.
Jeppe teken 103/3 aan in 16.1 boulbeurte.
Beste boulers:
• Lise-Mari Kemp neem 1 paaltjie vir 19 lopies in 4 boulbeurte.
• Danika Marais neem 1 paaltjie vir 27 lopies in 4 boulbeurte.
• Nikita Seaman neem 1 paaltjie vir 33 lopies in 4 boulbeurte.
Framesby verloor met 7 paaltjies.
![]()
Framesby 1ste Dogters vs Stirling High School 30 boulbeurte wedstryd. Stirling wen die loot en kies om te kolf. Stirling teken 86 almal uit aan in 21.2 boulbeurte.
Beste boulers:
• Janelle van Hall neem 4 paaltjies vir 21 lopies in 4.2 boubeurte.
• Danika Marais neem 3 paaltjies vir 29 lopies in 6 boulbeurte.
• Lise-Mari Kemp neem 2 paaltjies vir 9 lopies in 6 boulbeurte.
Framesby teken 33 aan in 13.1 boulbeurte.
Beste kolwer:
• Nikita Seaman teken 14 lopies van 17 balle aan.
Framesby verloor met 53 lopies.
Sondag 23 Februarie 2025 Framesby 1ste Dogters vs Cambridge Girls 20 boulbeurte wedstryd. Cambridge Girls wen die loot en kies om te boul. Framesby teken 148/8 aan in 20 boulbeurte.
Beste kolwers:
• Reze van Rooyen teken 42 lopies van 27 balle aan, nie uit.
• Nikita Seaman teken 35 lopies van 39 balle aan.
• Janelle vna Hall teken 35 lopies van 41 balle aan.
Cambridge teken 46 almal uit aan in 19.1 boulbeurte.
Beste boulers:
• Reze van Rooyen neem 3 paaltjies vir 13 lopies in 4 boulbeurte.
• Lise-Mari Kemp neem 3 paaltjies vir 13 lopies in 4 boubeurte.
• Nikita Seaman neem 2 paaltjies vir 8 lopies in 4 boubeurte
Framesby wen met 102 lopies.
![]()










