Hoërskool Nelspruit slaan die Finsbury krieketliga af teen Klofies
ADVERTISEMENT
Die Finsbury krieketliga het Vrydag 17 Januarie afgeskop met die eerstespan wat hul eerste tuiswedstryd teen Hoërskool Waterkloof gespeel het. Hoërskool Nelspruit se kaptein, Vaughn van Zyl, het die loot gewen en besluit om Waterkloof eerste te laat kolf. Waterkloof is beperk tot 180 lopies, danksy Safwaan Miller (4-34), Gerdu van Eden (3-18), en uitstekende veldwerk deur die tuisspan. In hul kolfbeurt het NHS egter gesukkel om die teiken te bereik en het uiteindelik 42 lopies kort gekom vir ‘n oorwinning. John Duncan het met 37 lopies van 53 balle uitgeblink as die beste kolwer vir die span. Baie geluk aan Jason Knoetze en Luan Siebrits wat hul eerstespan-petjies met trots ontvang het!

Jason Knoetze en Luan Siebrits

Liam Pringle

Vaughn van Zyl









