Hoërskool Ermelo skuts gekies vir finale SA-proewe
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo skuts gekies vir finale SA-proewe. Marla de Jager en Dihandri Morkel is uitgenooi om aan die finale proewe deel te neem vir die nasionale skietspan wat na Engeland toer. Die proewe vind plaas vanaf 3 tot 6 April. Hulle is onder die top 60 in die land tussen al die provinsies se o.21 skuts. Marla is negende in Suid-Afrika en Dihandri twintigste. Baie geluk aan hierdie twee dogters. EHS is besonder trots op julle en wens elkeen alle voorspoed toe.

Marla de Jager en Dihandri Morkel









