Hoërskool Ermelo se krieket slaan goeie tellings
ADVERTISEMENT
Die o.14-krieketspan het op 22 Augustus teen Hoërskool Hoogenhout te staan gekom. Die teenstanders teken 155 lopies aan en EHS verloor die wedstryd met sewe lopies. Uitblinkers was Dick Rouliard met 62 lopies, asook WJ pretorius wat wegstap met 3 paaltjies (20).
Die dogterspan het teen Hoërskool Secunda se tweedespan te staan gekom op 24 Augustus. EHS slaan 184 vir vier tydens hul kolfbeurt. Die Erries boul Secunda uit vir 76 lopies en Hoërskool Ermelo wen met 110 lopies.
EHS-uitblinkers was Mikaela Hand 40(36), Danisha Badenhorst 20(23), Mienke Cloete 20(28) en Elizma Swart 19(15), asook Isabella Burgers 4-8, Danisha Badenhorst 3-15 en Elizma Swart 3-19.
Op 26 Augustus het Hoërskool Ermelo se eerstekrieket-span teen Hoërskool Middelburg te staan gekom. Middelburg kolf eerste en teken 261 lopies aan, almal uit. Met die kolf kon die Erries ongelukkig nie die mas opkom nie en is uitgeboul vir 180 lopies. MHS wen dus die kragmeting met 81 lopies.
Uitblinkers was Tobie Leibbrandt (3 paaltjies vir 30 lopies in 10 beurte) en kaptein Wian Swart (3 paaltjies vir 49 lopies in 10 beurte). Rian Barnard het die meeste lopies aangeteken met ‘n beurt van 52(91).
Baie geluk. Ons glo daar wag ‘n blink toekoms op Errie-krieket.










