[Onderhoud] Eldoraigne- Eerstespan Hokkieseunskaptein – Nico Janse van Rensburg
ADVERTISEMENT
AWSUM het die geleentheid gehad om met Nico Janse van Rensburg Eerstespan Hokkieseunskaptein van Eldoraigne te praat oor hul voorbereiding, sterkpunte en vooruitsigte vir die seisoen..
Nico Janse v
Rensburg (k)
Op watter aspekte van fiksheid en strategie het die span tydens voorseisoefening gefokus? Ons het baie gefokus op die bou van ’n goeie
grondslag, aangesien ons ’n jong span is. Daar is sterk klem gelê op kommunikasie, man merking en ‘midfield transfers’. Gedurende die
vakansietye het ons op fiksheid gekonsentreer, omdat ons gedurende die skooltyd reeds baie wedstryde gespeel het.
Wat is julle span se sterkpunte hierdie jaar? Soos ek genoem het, is ons ’n jong span, maar ons het die gees en karakter om nie vir enige
skool terug te staan nie – maak nie saak wie die teenstander is nie. Ons sal aanhou werk tot die laaste sekonde.
Wat beteken dit vir jou om die skool se eerste hokkiespan te lei? Dit is ’n groot voorreg om in hierdie posisie te wees. Ek weet ek het ’n paar groot skoene om te vul, maar ek sal my uiterste bes probeer om ons span en skool se naam hoog te hou en elke speler nie net ’n beter hokkiespeler nie, maar ook ’n beter mens te maak.
Het julle skool ’n groot hokkiekultuur, en hoe belangrik is sukses vir julle span om dit te volhou? Ons het ’n baie sterk kultuur onder die seuns se
hokkiespelers – alles te danke aan Coach Stefan.Dit is ’n opbouende kultuur, gebaseer op respek. Coach was baie duidelik dat ons alles en almal met respek moet hanteer.
Wat wil julle as ’n span in 2025 bereik? Ons is nie ’n span wat net vir die telbord speel nie, maar een wat vir mekaar en vir die liefde van
goeie hokkie speel. Ons doel is om die beste moontlike hokkie te speel wat ons kan, en nie terug te staan vir enige groot naam nie.
Watter wedstryd en/of toernooi is vir julle die spesiaalste en hoekom? Beslis die Top Schools-toernooi in Bloemfontein, want dit is waar ons regtig kan wys wie ons is en wat Eldoraigne as span kan doen.
Is daar ’n hokkiespeler of sportfiguur na wie jy opkyk, en hoe het hulle loopbaan jou benadering tot die spel beïnvloed? Ek het nie spesifiek een persoon na wie ek opkyk nie. Ek glo jy kan iets leer by enige iemand, en ek probeer al die goeie dinge wat ek van ander sien, in my eie spel inkorporeer. “Why stick to one person when you can learn from everyone?”










