Hoërskool Ermelo netbalspanne neem deel aan Mpumalanga-uitspele
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo netbalspanne neem deel aan Mpumalanga-uitspele
Van 15 tot 17 Junie het al vier van Hoërskool Ermelo se A-netbalspanne aan die Mpumalanga-toernooi in Nelspruit deelgeneem.
Die dogters het besondere netbal gespeel. Die naweek se uitslae is as volg:
o.14A-span:Die groepwedstryde was teen Mashishing, Kyalami en Secunda. Hulle eindig vierde in die poel.
In die kwartfinaal verloor hul 6 – 13 teen Nelspruit. In die semifinaal kom hul te staan teen Rob Ferreira en verloor 9 – 11. In die finales speel Ermelo teen Evander en verloor 10 – 13.
Hoërskool Ermelo se o.14A-span eindig agtste in Mpumalanga.
o.15A-span:
In die groepwedstryde het hul ook teen, Kyalami en Secunda gespeel. Hierdie span eindig tweede in hul poel.
In die kwartfinaal verloor Hoërskool Ermelo teen Piet Retief met 14 – 16, wen teen Delmas 14 – 7 in die semifinaal en wen teen Hoërskool Middelburg met 8 – 4. Hoërskool Ermelo se span eindig vyfde in Mpumalanga.
o.16A-span:
Hierdie span speel teen Madzuma, Sibongamandla en Nelspruit in die groepwedstryde. Die o.16 eindig derde in hul poel.
Hulle speel teen Curro Nelspruit in die kwartfinaal en verloor met 9 -21. In die semifinaal wen hul teen Volksrust met 14 – 12 en verloor in die finaal teen Piet Retief met 7 – 21. Hulle eindig tiende in Mpumalanga.
Hoërskool Ermelo KS Clothing Eerste netbalspan:
Hoërskool Ermelo speel in die groepwedstryde teen Lydenburg, Oasis en Secunda en eindig tweede in die poel.
In die kwartfinaal verloor Hoërskool Ermelo teen Nelspruit met 15 – 43. In die semifinaal wen die Hoërskool Ermelo teen Hoogenhout met 35 – 21 en in die finaal wen Hoërskool Ermelo teen Curro Nelspruit met 28 – 26.
Hierdie span eindig vyfde in Mpumalanga. Baie geluk aan die spanne met goeie wedstryde. Hoërskool Ermelo is trots op die netbaldogters
Foto: Die Hoërskool Ermelo KS Clothing eerstespan netbal saam met mnr Jimmy Stonehouse.










