Hoërskool Ermelo atlete kwalifiseer vir MPU-landloopspan
ADVERTISEMENT
Op Saterdag 9 September het die Hoërskool Ermelo aan die Mpumalanga Landloopkampioenskap te Witbank deelgeneem, Aletha Kloppers eindig eerste in die dogters o.14-afdeling en Mnqobi Mabuza sewende vir seuns o.14. Esmari Kloppers behaal ’n sesde plek by dogters o.16. Bongmusa Vilakazi eindig agtste in die seuns o.19-afdeling. Esmarie en Aletha kwalifiseer vir die Mpumalangaspan wat aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap gaan deelneem op 29 en 30 September in Polokwane. Baie geluk aan die leerders wat besonder presteer het en baie sterkte vir die kampioenskap wat voorlê.










