Hoërskool Duineveld 1ste rugbyspan uitslae
ADVERTISEMENT
Hoërskool Duineveld 1ste rugbyspan het aan ’n baie kompeterende toer by Oakdale deelgeneem, waar hulle waardevolle ondervinding teen sterk opposisie opgedoen het.
Uitslae:
- Saterdag: 41 – 26 wen teen Ooskus Gimnasium
- Maandag: 17 – 3 verloor teen Cardiff and Vale
- Woensdag: 39 – 13 verloor teen Lichtenburg
Ten spyte van die uitdagings het die span ongelooflike karakter, deursettingsvermoë en trots getoon. Hierdie tipe blootstelling bou nie net spelers nie, maar ook ’n span met deursettingsvermoë en ’n sterk toekoms. Spesiale gelukwensing aan Marius Coetzer wat aangewys is as deel van die span van die toernooi – ’n uitstekende prestasie waarop ons baie trots is.











