Hoërskool DF Malan Gr 12 Prysuitdeling
ADVERTISEMENT
Hoërskool DF Malan kon onlangs hul graad 12-leerders se uitnemendheid vier deur hulle by die jaarlikse graad 12-prysuitdeling erkenning te gee vir hulle harde werk en betrokkenheid op vele terreine by DF. Baie geluk aan elke leerder wat tydens hierdie geleentheid vereer is vir hulle harde werk en toewyding. Spesiale geluk aan die volgende leerders:
Akademiese medalje: Mischa Coetzee
Dux-leerder: Emma Steffen
Skoolhooftoekenning: Ruben van Rooyen
Dux Amicus: Colin Burger
Diensbeker: Juan Visagie
Senior kultuurtoekenning: Juan Visagie
Junior kultuurtoekenning: Ellie Herbst
Mazars-beker: Mischa Coetzee
Ton van Tonder-toekenning: Jana Wasserfall
Danielle Henckert-toekenning: Jana Wasserfall
Veelsydigste sportman: Daniel du Plessis
Veelsydigste sportvrou: Stephanie Minnaar
Beste enkele sportprestasie: Stephanie Minnaar
Beste vordering in sport: Magriet de Klerk
Sportleierskap: Daniel du Plessis
Skoolsporttoekenning: Jennifer van Schalkwyk
Mnr. Conradie se skoolhoofdetoekenning is hierdie jaar toegeken aan Ruben van Rooyen. Sy ouers was teenwoordig om dit in ontvangs te neem. Ruben se lewe word op hierdie wyse vereer. Die impak wat hy op elke Dee-Effer se lewe gehad het deur sy lewensuitkyk en positiwiteit sal vir lank gekoester word deur elkeen wat sy pad gekruis het.





























