Hoërskool DF Malan bergfietsryer wen 3-dag wedren
ADVERTISEMENT
Die jaarlikse 3-dag 2022 Eselsfontein Bergfiets-wedren het die afgelope naweek vanaf Vrydag tot Sondag (14-16 Oktober 2022) plaasgevind.
Eselsfontein is ‘n werkende plaas geleë in die Ceres Vallei en bied aan ryers van die oudste bergfiets-roetes in Suid-Afrika. Die roetes is vir ervare, avontuur-gevulde ryers beskore en die roetes is bekend vir tegniese klimme, steil afdraandes en baie mooi natuurskoon!
Die bergfiets-wedren het uit 3 bene bestaan, met een been per dag. Die eerste been van die wedren het Vrydagaand plaasgevind en was ‘n nagrit waarvoor ryers hul fietse moes toerus met ligte. Oor die drie dae het meer as 300 adrenalien-gevulde ryers elkeen meer as 125km afgelê wat ‘n totale hoogtetoename van 2800m ingesluit het. Ryan Veer in graad 12 het die 3-dag-resies gewen met ‘n totale tyd van net oor die 6:45 ure vir al 3 bene. Baie geluk, Ryan! Welgedaan Hoërskool DF Malan is trots op jou!













