Hoërskool Framesby Bergfiets presteer
ADVERTISEMENT
Van Hoërskool Framesby se bergfietsspan het Sondag 11 Februarie aan die Herald Bergfietswedren by Addo in uiterste hitte deelgeneem. Hulle het besonder goed gevaar en die seisoen wat voorlê, lyk blink. In die 60km wedren het Tian Diedericks 8e uit 205 ryers geëindig en Marko Delport, Stephan Roth en JES Santos was almal onder die top 25.
In die 30km het Stefan Boshoff besonder goed gevaar, ook met ‘n 8ste plek uit 380. Daniel Gillmer, Christiaan Bekker, Ruan van der Spuy, Logan van Wyk, en Wiehan Viviers het almal onder die eerste 70 geeindig en Marie-Louise Strydom het die meisies se naam hoog gehou. Baie geluk aan al hierdie ryers.










