Hoërskool Cradock ATKV Vlymskerp Vasvra deelnemers stel nie terleur
ADVERTISEMENT
Hoërskool Cradock het op 14 Oktober aan die ATKV-Vlymskerp Vasvra by Laerskool Sunridge in Gqeberha deelgeneem. Twaalf skole het deelgeneem. Die bekende akteur, Beer Adriaanse was die vraagsteller. CHS is deur Niel Slabbert (K), Jan-Hendrik Bezuidenhout, Jaco Slabbert en Carla Kotze verteenwoordig.
In die eerste rondte moes die spanne 36 vrae skriftelik beantwoord. In die tweede rondte moes spanne tot ‘n maksimum van 18 vrae binne 2 ½ minute beantwoord. CHS kon vyftien van hierdie vrae korrek beantwoord. Na afloop van die tweede rondte het CHS na die halfeindstryd teen Hoërskool Despatch en Hoërskool Otto du Plessis deurgedring. Ongelukkig kon CHS nie na die eindstryd deurdring nie. Die gonserstelsel het sake bemoeilik, want al ken jy ook die antwoord, kon jou opponent gouer die gonser gedruk het. Hoërskool Nico Malan was die uiteindelike wenner nadat hulle Hoërskool Despatch en Hoërskool Paul Sauer in die eindstryd getroef het.
Vlnr: Niel Slabbert, Jaco Slabbert, Beer Adriaanse, Carla Kotze, Jan-Hendrik Bezuidenhout.










