Hoërskool Bredasdorp rugbyspeler druk deur na Boland
ADVERTISEMENT
Ons is ongelooflik trots op Dayton Hartnick, graad 10-leerder, wat opgeneem is in een van die twee o.16 Boland Rugbygroepe. Hierdie prestasie is die resultaat van baie harde werk, toewyding, deursettingsvermoë en die passie waarmee hy sy rugby aanpak. Om op hierdie vlak erkenning te ontvang, is ’n besondere eer en getuig van sy talent en potensiaal op die rugbyveld.
Die Boland-groepe sal Dinsdag teen WP kragte meet as deel van die finale keuringsproses. Hierdie wedstryde bied vir Dayton ’n uitstekende geleentheid om sy vaardighede verder ten toon te stel en sy saak vir verdere provinsiale erkenning sterk te stel.










