Hoër Volkskool leerders presteer aan die Nelson Mandela Bay Dance Festival
ADVERTISEMENT
Hoër Volkskool leerder Monique Nell en Kate-Lynn Kruger het aan die Nelson Mandela Bay Dance Festival deelgeneem. Hierdie fees word aangebied te Gqeberha by die Savoy teater aangebied. daar neem om en by 1600 dansers deel aan hierdie fees. Hoer Volkskool se dansers, onder leiding van me Chinelle Marais van Chinelle School of Dancing, het uitstekende dans-items gelewer. Monique stap weg met 1 Goue, 3 Silwer en 2 brons toekennings vir ballet, tap en moderne danse, terwyl Kate-Lynn 1 goud en 1 silwer toekenning ontvang, albei vir moderne dans. Baie geluk met hierdie groot prestasie!
Kate
Kate-Lynn en Monique
Monique Nell









