Hoër Landbouskool trek die laaste paaltjies uit vir die kwartaal
ADVERTISEMENT
En so trek ons die laaste paaltjies vir die kwartaal uit! Hoër Landbouskool Boland krieketseisoen het tot ’n einde gekom, en ons harte is vol. Aan elke ouer wat langs die veld was in die warm son of die vroeë oggende baie dankie vir julle onwrikbare ondersteuning.
Dit gaan vir ons oor meer as net die telling op die bord; dit gaan oor die hegte bande wat tussen spelers, ouers en afrigters gesmee is. Dankie dat julle deel is van ons krieketfamilie! Ons bêre nou die kolwe vir ’n wyle, maar ons sien reeds met groot afwagting uit na die 4de kwartaal wanneer die somersport weer in volle swang voortgaan.
Geniet die ruskans.















