Goudveld Hoërskool eerste krieketspan dogters sluit die seisoen hoog af
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan die Goudveld Hoërskool eerste krieketspan dogters wat met 199 lopies teen Wessel Maree gewen het. Die dames het die seisoen behoorlik hoog afgesluit. Met die kolf het Annche Zwarts uitgeblink met 106 van 82 balle (nie uit). Mienke Nieuwenhuis het ‘n uitstekende kolfbeurt gehad met 81 van 63 balle (nie uit). Goudveld kolf eerste en teken 246 lopies aan sonder enige verlies van paaltjies. Die opponente kon in hulle beurt slegs 47 lopies aanteken voor al hul paaltjies kantel. Uitstaan boulers was René Steenberg met 2 paaltjies vir 4 lopies, Britney van Heerden met 2 paaltjies vir 4 lopies en Sami van Heerden met 2 paaltjies vir 6 lopies. Ons is trots op ‘n puik wedstryd en ‘n goeie seisoen!!!











