Laerskool Goedehoop se 1ste krieketspan eindig 2de in Mpumalanga
ADVERTISEMENT
Laerskool Goedehoop se 1ste krieketspan eindig 2de in Mpumalanga! Op Donderdag, 27 Oktober 2022 het Goedehoop kragte gemeet teen LS Nelspruit, op hul tuisveld. Wat ‘n ongelooflike prestasie! Ons is dankbaar vir ‘n mooi seisoen van hard werk en baie deursettingsvermoë en ons is hoopvol vir 2023! Baie geluk julle YSTERS! Elke seun het gegroei en ontwikkel deur die seisoen.
1ste Krieketspan MP-finaal Voor: Hanré Snyman, Dieter van Niekerk, Jason van Wyk, Milan Bothma, Enrico Venter, Zian Kriel
Agter: Berno Groenewald, Jason Matthee, Wikus Venter, Chris van Schalkwyk, Ryan Jacobs, André Faber










