EHS tennisspelers gekies vir Interdistrikte span
ADVERTISEMENT
Onderskeie Erries is vir 2022 gekies vir die Interdistrikte-tennisspan:
- Mariska van Biljon (o.19)
- Madri van Niekerk, Wianke Cloete, Elizma Swart en Dick Rouillard (o.15)
Vanaf 26 tot 28 Augustus het Mariksa, Madri en Dick aan die Interdistrikte Tennis Toernooi gaan deelneem. Elizma en Wianke kon ongelukkig nie die toernooi bywoon nie.
Die spanne waarin die Erries was het goed presteer:
- o.15-Hoëveldspan behaal ’n derde plek in die o.15-liga.
- o.19-Hoëveldspan eindig eerste in die o.19-liga en behaal ’n algehele derde plek in die toernooi.
Baie geluk aan elke Errie wat vir die span gekies is en vir dié wat die toernooi bygewoon het en uitstekend presteer het. EHS is besonder trots op die tennis en die sukses wat die Erries behaal op die tennisbaan.

V.l.n.r.: Madri van Niekerk, Dick Rouillard, Elizma Swart, Wianke Cloete en Mariska van Biljon is almal gekies vir die aanvanklike Interdistrikte-tennisspan.

V.l.n.r.: Mariksa van Biljon, Madri van Niekerk en Dick Rouillard tydens die toernooi.









