AWSUM School News

Top Menu

  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

Main Menu

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About AWSUM News
  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

logo

ADVERTISEMENT

Regional News

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About AWSUM News
  • Dalweide Primêr spog met Nasionale Onderwysster

  • Helderberg International School learner attends Creatures & Creators

  • Hoërskool Stellenbosch koor het ’n uitmuntende tweede plek behaal

  • Congratulations to Table View High School Top Achievers of term 2

  • Helderberg International had a wonderful Family Evening


Die Voortrekkers Oos-KaapEastern CapePort Elizabeth and SurroundsRegional News
Home›Regional News›Eastern Cape›Port Elizabeth and Surrounds›Die Voortrekkers Oos-Kaap›Die Voortrekkers Oos-Kaap hou van kamp

Die Voortrekkers Oos-Kaap hou van kamp

By Andreneza Damonse
25th April 2024
554
0

ADVERTISEMENT


Share:

Die Boknes Verkenner en Kaba Selfbehoudkamp is ‘n jaarlikse hoogtepunt vir Oos-Kaap Voortrekkers. Gedurende die Maart skoolvakansie kom kinders van reg oor die Oos en Noord Kaap om hierdie lekker kampe by te woon. Die graad 10-groep het twee nagte by die Karel Landman museum deurgebring waar hulle die Afrikaner-Geskiedenis kenteken voltooi het. Die jeuglede moes sonder storte klaarkom en al hulle kos op die vuur maak. Daarna het hulle die Voetslaner-kenteken see langs aangepak. Lekker gees en hulpvaardigheid was ‘n kenmerk van die graad-10 groep. Die graad 9’s het die veeleisende Strandvernuf-kenteken aangepak. Hulle het skuilings in die duine gebou en daar geslaap, Dias-kruis toe gestap en die kamp afgesluit met ‘n heerlike visbraai. Daar is lekker gesing en gespeel soos net Voortrekkers kan. ‘n Graad 8 groepie het saam met die graad 9’s in die duine gaan skuilings bou. Gelukkig het die weer vanjaar saamgespeel en skuilings het nie weggewaai nie. Hulle het vlotte gebou en in die strandmeer geroei. Dit was ‘n lekker groep vriende wat goed saamgewerk het. Hulle het die Seekunde en Roeikunde kentekens suksesvol voltooi. Die graad 7’s het ‘n voorsmakie van die Verkennerlewe gehad toe hulle Medemenskamp gedurende die Boknes-Verkennerkamp aangebied is. Hulle het rotspoele bekyk, Boknes se strate ingevaar om vir die oumense koekies uit te deel en ook Dias-kruis toe gestap. Hulle het die Medemens- en Strandbewustheid-kentekens suksesvol afgehandel. Kaba-selfbehoudkamp het hierdie jaar tien vasberade selfbehouders gehad. Ongelukkig moes ons Selfies hulle man (en vrou) staan teen die 6 Buitegroeplede wat in die veld vir die week op hulle eie oorleef het. Kaba-kamp het bestaan uit 4 afsonderlike opleidingsdae nl. Veldkuns, Boskuns, Seedag en die algemene dag waar hulle meer van noodhulp, kaartwerk en selfverdediging geleer het. Die Selfies het kundighede aangeleer om hulle voedsel uit die veld en see te kan bekom en hulleself te kamofleer om in te smelt by die natuur. Hulle kan ook nou vuurmaak en water verkry uit verskeie bronne in die natuur. Die Buitegroep het hulle goed van hulle taak gekwyt om hierdie week te oorleef uit die veld. Om Selfbehoud te doen is emosioneel en fisies moeilik, maar ons kan met trots sê dat hierdie Verkenners baie geleer het van hulle self en waarde daaruit kry vir die toekoms. Die Selfbehoud kenteken is ‘n unieke ervaring en ’n eenmaal in jou lewe geleentheid wat vir elke Voortrekker onmisbaar is.

TagsKamp
Previous Article

Curro Langebaan athletes competed at the Boland ...

Next Article

Hoërskool Framesby se eerste tennisspan spog met ...

Share:

Related articles More from author

  • Breede ValleyLaerskool WynlandRegional NewsWestern Cape

    Laerskool Wynland Graad 5 leerders woon SOS Kamp by

    10th November 2022
    By Karien Frans
  • Eastern CapeHoërskool FramesbyPort Elizabeth and SurroundsRegional News

    Hoërskool Framesby CSV-Kamp lekker by Mentorskraal

    25th February 2025
    By Karien Frans
  • HighveldHoërskool ErmeloMpumalangaRegional News

    7 Hoërskool Ermelo leerders woon jaarlikse Kalistokamp by

    18th July 2022
    By Karien Frans
  • Laerskool Bellville-NoordNorthern SuburbsRegional NewsWestern Cape

    Laerskool Bellville-Noord Groentjiesklub kamp in die Touwsrivier/Montagu-omgewing

    9th October 2023
    By Andreneza Damonse
  • Laerskool DurbanvilleNorthern SuburbsRegional NewsWestern Cape

    Laerskool Bellville-Noord se Groentjiesklub sluit die 2022 kampe af in Touwsrivier

    9th November 2022
    By Karien Frans
  • Laerskool Bellville-NoordNorthern SuburbsRegional NewsWestern Cape

    Laerskool Bellville -Noord sluit die jaar ag met ‘n kamp in die Drie Kuilen Natuurreservaat

    17th October 2024
    By Andreneza Damonse

  • Gauteng PretoriaHoërskool WonderboomPTA NorthRegional News

    Die Hoërskool Wonderboom jukskeispan behaal uitstekende resultate

  • BloemfonteinFree StateGrey College Primary School BloemfonteinRegional News

    Grey College Primary se o.13A span het die Fichies 7’s toernooi gewen

  • CenturionGauteng PretoriaHoërskool ZwartkopRegional News

    Hoërskool Zwartkop karateka presteer uitstekend by die WUKF SA Nasionale kompetisie

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

AWSUM News is South Africa’s largest school news platform. Since 2013 we’ve published every school’s story — academics, sport, culture and leadership — connecting 4 000+ schools with the families who read them daily.



CreativeMagic

Join Us on Facebook

  • Pretoria
  • Centurion & Midrand
  • Johannesburg
  • Vaaldriehoek
  • Durban
  • Midlands
  • Northern Natal
  • Free State
  • Cape Town
  • Boland
  • Breede Valley
  • Helderberg
  • Overberg
  • Swartland & Weskus
  • Northern Suburbs
  • Southern Cape
  • Noord-Kaap
  • North West
  • Limpopo
  • Mpumalanga
  • East London
  • Port Elizabeth
  • Eastern Cape – Towns
  • Home
  • Advertise with us