Die Hoërskool Zwartkop hou opedag
ADVERTISEMENT
Op 9 en 10 Maart het Hoërskool Zwartkop hul jaarlikse opedae aangebied. Honderde voornemende Zwarries het die skool besoek. Vanjaar se tema van Gek na ons Plek, is by die stalletjies uitgebeeld. Elke besoeker het ‘n kaart van die skoolterrein ontvang waarop besoekpunte uitgelig is. Besoekers pak dan ‘n staptog aan waartydens hul met alle akitwiteite wat die skool aanbied, kan ervaar. Die akademiese tuin het die geleentheid vir die vakke gebied om hul kundigheid te bemark. Vakke soos Lugvaartkunde en Fotografie word ook by die skool aangebied. Die Filmkunde sorg jaarliks vir heelwat belangstelling. Natuurlik stal die Natuurwetenskaplikes, Taalkundiges en Wiskundiges ook uit. Die tegniese sentrum is gebruik om voorlopige in skrywings te ontvang.
Die All-stars vermaak die toeskouers in die vierkant
In die saal het die hoof, dr. Strydom, die ouers en voornemende Zwarries meer van die skool en die Zwarrie-vibe vertel. In die vierkant het die kultuurtiere gesorg vir aksie met die optredes van verskeie solosangers. Die groot verskeidenheid kultuuraktiwiteite wat by die skool aangebied word, is ook hier uitgestal. Die Zwarrie-Allstars het opgetree en hope vermaak verskaf. Die reën wat vroeër die oggend neergekom het, het nie die verrigtinge gestuit nie, maar wel veroorsaak dat die sportuitstallings na die kondisioneringsentrum skuif.
Hier kon graad 7 leerders hul verlustig in al die verskillende sportsoorte wat op Zwarrie-bodem aangebied word. Die atletiek het gespog met praguitslae wat tydens die afgelope seisoen verkry is en die netbaldogters het hul mooi uniforms vertoon. Buite die kondisioneringsentrum het die sagtebal hul stasie opgeslaan waartydens die graad 7’s ‘n bietjie kon saamspeel. Natuurlik het die E-sports ook talle belangstellendes gelok en die Robotika was baie populêr. Hoërskool Zwartkop sluit van jaar se opedae op ‘n uiterse suksesvolle wyse af en daar word uitgesien na die aantal leerders wat volgende jaar in Zwarrie-land ‘n tuiste sal vind.
akademiese tuin
All-stars kapteine, Toko Rametse (heel links) en haar span










