Hoërskool Zwartkop redenaarspanne praat in Drie Skole stryd
ADVERTISEMENT
Hoërskool Centurion is die stigter en gasheer van vanjaar se Drie Skole Redenaarskompetisie wat op 2 Maart plaasgevind het. Hierdie kompetisie fokus op onvoorbereide spanredenaars waartydens die Hoërskool Centurion, Hoërskool Zwartkop en Hoërskool Eldoraigne meeding vir die titel.
Die deelnemers kry geleentheid om ‘n onderwerp te trek en moet dan ‘n uur later teen mekaar meeding. Die Zwarries se senior spanne is as wenners aangewys. Die lede van die graad 12-span is Anje Reyneke, Ailene Pretorius, Jaden Scholtz en Carla Hugo. Hierdie gedigte span neem al vir die afgelope vyf jaar saam deel. Die graad 11-span bestaan uit Christabelle Stapelberg, Isabelle Botha, Arwin Eybers en Lourens Nel.

Van links na regs Anje Reyneke, Ailene Pretorius, Jaden Scholtz en Carla Hugo









