Die Hoërskool DF Malan gemengde koor maak trots
ADVERTISEMENT
DF Malan Hoërskool gemengde koor – julle maak ons so ongelooflik trots. EK sukkel vandag om my glimlag te onderdruk, want vandag is ‘n fantastiese koordag. Ons koor bestaan hierdie jaar uit 137 toegewyde koorlede, meer as 10% van die skool. Hierdie leerders sit, buiten akademiese – en sportverpligtinge baie baie tyd in die koor en die Engelse spreekwoord lui – “Hard work pays off”, en hoe!
Ons koor is genooi na die Tygerberg Internasionale Eisteddfod se gala-aand – 1 uit slegs 5 Hoërskool-kore wat hierdie besonderse voorreg geniet! Dit is egter nie waar ons nuus eindig nie! Ons is ook deur na die ATKV-Applous finaal in Pretoria in die afdeling: Hoërskool, gemeng prestige!! Die ATKV Applous is een van die mees gesogte koorkompetisies in ons land waar ons op nasionale vlak meeding. Ons kan nie ons opgewondenheid beteuel nie! Baie baie geluk aan elke lid van ons besonderse koor vir julle toewyding en harde werk en ons koormeester, Jade Paige! Ons is so bevoorreg om jou hier te hê!
![]()










