Augsburg Landbougimnasium presteer by Jeugskou
ADVERTISEMENT
Augsburg Landbougimnasium het deelgeneem aan die Wes-Kaapse Jeugskou-toekenningsgeleentheid en het verskeie spesiale toekennings gewen. Baie geluk aan alle deelnemers en Augsburg Landbougimnasium is baie trots op julle.
Dankie ook aan Agri-Expo en Weskaap Departement van Landbou wat altyd Augsburg Landbougimnasium se hand vat en ondersteun.
Die volgende toekennings is verower.
- Beste Jeugskou-skool in die Weskaap
- Meeste streekskoupunte is aan vier leerders toegeken. Almal het aan drie skoue deelgeneem, naamlik Heidelberg, Riversdal en Swellendam, en het 100%. Benjamin Turner Gr. 7 ontvang een van die toekennings.
- Die toekenning aan leerders wat die beste in die kennistoets tydens die WP-kampioenskap gevaar het, is aan twee leerders toegeken. Anré de Klerk Gr. 9 ontvang een van die toekennings.
- Die toekenning vir die beste punt in die was- en voorbereidingsafdeling tydens die WP-kampioenskap gaan aan Bianca Viljoen Gr. 11.












